Verblyf
Die Lodge het 5 gerieflike kamers, elk met ‘n stort, toilet en wasbak.
Elke kamer is toegerus met ‘n ketel, koppies en glase.
Die gemeenskaplike kombuis voorsien yskaste en vriesgeriewe.
Kamers
- Kamer 1 slaap 2 persone. Ekstra bed kan ingedra word.
- Kamer 2 slaap 3 persone
- Kamer 3 slaap 2 persone
- Kamer 4 slaap 4 persone
- Kamer 5 slaap 4 persone op ‘n dubbelbed en twee enkelbeddens
Die kamers is beskikbaar teen R300 per nag per persoon.
Elke addisionele persoon wat in dieselfde kamer slaap is R100 per nag.
Die hele Lodge is beskikbaar teen R4000 per nag.
AKKOMMODASIE








Wat om te doen …
Die Lodge het ‘n heerlike 9 gaatjie Mini-golfbaan, waar oud en jonk hul vaardigheid kan toets onder die groot koeltebome.
Die Tafeltennis-tafel en Pool-tafel is op die stoep buite die kombuis geleë.
Elk van die bogenoemde aktiwiteite vereis ‘n R100 deposito vir die duur van die verblyf.
Die Swembad is sentraal geleë in die Lodge en is geskik vir jonk en oud. Die rivier het Krokodille en Seekoeie, dus word swem in die rivier ten sterkste afgeraai.
Die Visvang area is loop afstand van die Lodge af. Indien daar in die res van die rivier gehengel sou word, moet ‘n geskikte voertuig gebruik word of gestap word.
‘n Splinternuwe Fietsry-baan is in aanbou op die plaas vir die avontuurlustige gaste wat van ‘n uitdaging hou. Alternatiewelik kan inwoners op die meer besadigde paaie op die plaas rondry.
Die plaas is oop vir inwoners om dit te voet of per voertuig te verken. Die paaie is baie sanderig en dit word sterk aanbeveel dat slegs 4×4 voertuie op die plaas rondry. Wildsritte kan gereel word op versoek.
Ponieritte en Perdry is beskikbaar indien vooraf gereel met die eienaar, teen addisionele koste.
AKTIWITEITE