Kolobe River Lodge

is ‘n rustige bosveld wegbreek ongeveer 30km buite Lephalale (Ellisras)

Die lodge is gelee op ‘n 236ha wildsplaas langs die Mogol rivier met diere soos Seekoeie, Waterbokke, Koedoes, Bosbok en Nyala.  

Die plaas het verskeie paadjies waar 4×4 voertuie kan ry of gemaklik gestap kan word.

Dik sand maak dit ongelukkig onrybaar vir motors.

Die 3.2km rivieroewer is ideaal vir visvang. Vis soos Karp, Kurper, Barber en Swartbaars word gereeld gevang.

Daar is ook Geelvis en Makriel in die rivier, maar oppas vir die krokodille!

Die Lodge het 5 gerieflike kamers met ensuite badkamers, waar 15 mense kan slaap.

Die ten volle toegeruste kombuis is sentraal gelee en het ‘n gerieflike stoep waar tafeltennis en pool geniet kan word.

Die lapa is ook gemeenskaplik en is ‘n heerlike plek om te ontspan terwyl die kinders die swembad geniet.

Die Lodge is selfsorg, maar etes kan teen ekstra koste bespreek word.

Die mini-golfbaan is onder heerlike koeltebome geleë naby die lapa en kombuis.

Geleenthede soos kombuistee, bababraai en enige dag-geleentheid kan gereel word en selfs spyseniering kan voorsien word.

Kontak ons gerus vir meer inligting.

Jagters wat in die omgewing jag, is baie welkom om van die verblyf gebruik te maak.

Daar is slaggeriewe en verkoeling beskikbaar vir jagters.

Die eienaars van Kolobe is altyd byderhand om te sorg dat u verblyf ‘n wonderlike bosveld ervaring is.


KONTAKBESONDERHEDE

Bespreek gerus of rig enige navrae by die volgende :-

Marietta @ 082 928 4319

info@koloberiverlodge.co.za


Stuur gerus `n Boodskap na info@koloberiverlodge.co.za of vul die vorm in …



Waar is ons geleë ?


30Km vanaf Ellisras op die Groblersbrug pad…